PinkPolkaDot vra: Kan SAICA konstante waarde rekeningkunde keer?
Son 25 Jul 2010, 04:13 0 Kommentaar Stuur Artikel Rapporteer MisbruikHello,
PinkPolkaDot vra op my Fin24 blog Trust me, I´m an accountant: "Hoe gaan dit met die publisering van die boek...of het SAICA die krag om dit te keer?"
My antwoord:
Nee, ek dink nie so nie. Om ´n boek gepubliseer te kry neem baie tyd.
Wat ek probeer doen sal - wanneer dit wel gebeur - die manier hoe ons rekeningkunde doen baie verbeter. Op die oomblik besef en aanvaar omtrent niemand dié idee nie.
Dit beteken egter - in werklikheid - ´n baie groot verandering: van historiese koste na konstante waarde rekeningkunde. Dit oorkom die probleem dat geld reele waarde verloor as gevolg van inflasie en dat geld se reele waarde vermeerder gedurende deflasie. Alle rekeningkunde rekenaar programme vir alle maatskappye en entidade sal moet verander - wêreld wyd. Dis ´n totale verandering.
Huidiglik kan die VSA en die res van die wêreld nie eens ooreenkom om dieselfde internasionale rekeningkundige standaarde te gebruik nie. Die VSA het nie eens konstante waarde rekeningkunde as ´n opsie nie. Gelukkig het die IASB die Framework, Par 104 (a) - wat verklaar dat rekenmeesters of historiese koste of konstante waardes kan gebruik - in 1989 goedgekeur. Die IASB hoe dus niks te doen om wat ek wil hê toe te pas nie. Wat ek doen is basies wat die IASB oor die laaste 21 jaar behoort te gedoen het. Ongelukkig verstaan die IASB nie dat rekenmeesters reele waarde vernietig wanneer hulle normale historiese koste rekeningkunde doen nie. Hulle verstaan ook nie dat konstante waarde rekeningkunde daardie vernietiging van reele waarde deur rekenmeesters outomaties stop nie.
Die VSA en die IASB is die afgelope 6 jaar al besig om hulle onderskeidelike Frameworks te konsolideer na een gesamentlike Conceptual Framework. Ongelukkig het hulle die deel oor die basiese rekeningkunde model (die werklike begin punt van die gekose rekeningkunde model) - historiese koste of konstate waarde rekeningkunde - heeltemal geignoreer tot nou toe. Op een stadium het hulle selfs gesê dat die punt heel moontlik nie eens in die nuwe gekonsolideerde Framework sal verskyn nie.
Ek het dit ten minste reggekry om die VSA te kry om te sê dat hulle dit wel sal bespreek in die toekoms. Die IASB volg huidiglik die SAICA posisie van "ignoreer Nicolaas Smith". Gelukkig kan ek deur die VSA werk. Die VSA is baie profisioneel in die opsig. Heeltemal anders as die IASB.
Die VSA dink dat om na IFRS te verander is ´n een-keer-in-´n-100-jaar verandering: dit is so groot ´n verandering vir hulle hele ekonomie.
Dan wil ek hê hulle moet weer alles verander in ´n een-keer-in-700-jaar verandering.
Dit gaan dus baie tyd neem. Miskien nog ´n 100 jaar :-) :-)
Ek is - elke nuwe dag - van plan om nog ´n 100 jaar te leef: so, dit sal - ten minste - in my leeftyd gebeur :-) :-)
Beste groete,
Nicolaas Smith
Copyright © 2009-2010 Nicolaas J Smith
Onderwerpe: saica ifrs fasb iasb
| [Sluit venster] |
Pos 'n antwoord |
|
|
Gebruikersprofiel
nicolaasmith
Blogging vanaf Lisboa. My bydraes: Copyright © 2009-2010 Nicolaas J Smith
| Geslag: | Male |
|
Stuur Boodskap |
| Stad: | Port Elizabeth | ![]() |
Voeg vriend by |
| Nasionaliteit: | South Africa | ![]() |
Blok gebruiker |
Statistiek
Afrigator Rang
| Bladlese: | 227046 |
| Kommentaar: | 86 |
| Beoordeling: |
| Kry statistiek oor jou blog en sien jou rang op 24.com en in die hele SA. Kliek hier om te aktiveer. |
Skryf in vir die blog
Skryf in vir e-pos kennisgewings vanaf die blog
|
|
Skryf in vir RSS vanaf die blog |
Nooi uit
Jy het 0 intekenaar(s)
Kentekens
Blog-rol
- Hoekom word voorra...2010/08/30 12:57:30
- Prof Geoff Evering...2010/08/14 08:14:17 nm
- PinkPolkaDot vra: ...2010/07/25 04:13:05
- ABSA se rekenmeest...2009/07/04 06:33:13



Lewer kommentaar