Goedkoper bel in Suid-Afrika

Sat 3 Apr 2010, 11:45        0  Kommentaar     Stuur Artikel
Rapporteer Misbruik

Oor die Paasnaweek (wat saamval met Pasga hierdie jaar) maak baie mense van dié rustige tyd gebruik om met familie en vriende wat ver is te gesels. Hoe skakel 'n mens tans goedkoop binne Suid-Afrika?

Aangesien dié land sowat tien keer soveel selfoonlyne as landlyne het, fokus ek op oproepe na selfone en oproepe in spitstyd sodat die inligting ook ná die langnaweek bruikbaar kan wees. Selfs die groot netwerke, Vodacom en MTN, het relatief redelike tariewe indien 'n mens die regte pakket kies. Met Vodacom se All Day is die tarief R1,80 na ander netwerke en R1,70 per minuut na Vodacom maar ek verstaan nie wat die tarief van R3,60 per minuut vir „Voicemail Deposit” nou eintlik is nie. MTN se OneRate bied 'n heeldag-tarief van R1,75 per minuut maar daar word duidelik aangedui dat dít per sekond verreken word, vanaf die eerste sekonde.

Diegene wat toegang het tot 'n Telkom-lyn hoort lankal bewus daarvan te wees dat Telkom se tariewe na selfone relatief billik is. Telkom se webwerf is nie die maklikste om te navigeer nie maar die huidige tariefblad gee R1,47½ as die minuuttarief (met 'n minimum van 60s en dan per 30s) wat aansienlik goedkoper is as Vodacom en MTN se tariewe en wat nog saans ná 20:00 val met sowat dertig sent. Telkom het egter 'n komplekse tariefstruktuur en ek verkies 'n eenvoudige en eenvormige prys per minuut.

Die kleiner spelers, Cell C en Virgin Mobile, het nog meer aantreklike tariewe. Hoewel ek eintlik net na voorafbetaaldienste wou kyk, moet ek meld dat Cell C vir tussen R49 en R100 per maand (afhangende van die gratis selfoon wat gekies word) op 'n kontrak van 24 maande vir 'n mens 100 gratis heeldagminute gee met 'n prys van R1,50 per minuut na alle netwerke daarna. Cell C verreken oproepe op dieselfde 60/30-basis as Telkom. Met Cell C se Easychat All Day voorafbetaalplan is die oproepkoste ook net R1,50 per minuut, heeldag en na alle netwerke. Virgin Mobile het ook 'n innoverende vooruitbetaal-opsie waar hul tariewe R1,99 per minuut is vir die eerste 5 minute per dag en daarna R0,99 per minuut, alles per volminuut bereken. Vir die meer intensiewe gebruiker, veral vir iemand wat 'n klein aantal lang oproepe op die meeste dae maak, is hierdie 'n baie gunstige tarief.

Mense wat reeds Internet  het sal moontlik 'n stem-oor-IP-diens (VoIP) soos dié van Telfree wil oorweeg. Telfree se huidige tarief is R1,33 per minuut wat, tydens spitstyd, baie gunstig is. Telfree is ook draagbaar en 'n mens kan dit baie maklik uit die buiteland gebruik, veral met hulle nuwe webblaaier-koppelvlak.

Indien 'n mens in ag neem dat die gebruik van Telkom en Telfree 'n bykomende infrastruktuur vereis maar dat die selfoonnetwerke geen maandelikse fooi vir voorafbetaalde gebruikers het nie, lyk dit asof dit moeilik is om Cell C se aanbod van R1,50 per minuut te klop. Cell C bied tans nog geen omvattende en vinnige Internet-diens nie maar vir die minder veeleisende verbruiker wat hoofsaaklike wil bel en SMS stuur, is dit Easychat All Day 'n  goeie keuse – ook vir almal wat hoofsaaklik vóór agt saans bel. Indien die leser tans meer as R2,00 per minuut betaal, dink weer!

 

Hierdie inskrywing het oorspronklik verskyn op CyphAfrica.com.

Onderwerpe: 

Pos 
| Vorige Pos

Herlaai Kommentaar
Lewer kommentaar
Kliek hier om in te teken en kommentaar te lewer.
[Sluit venster]

Pos 'n antwoord

Gereedskap

Help!

Gebruikersprofiel

petrusp

Geslag: Male Send Message Stuur Boodskap
Stad: Pretoria Add to Friends Voeg vriend by
Nasionaliteit: South Africa Block Blok gebruiker

Statistiek

Afrigator Rang

Bladlese: 225370
Kommentaar: 4
Beoordeling:
Kry statistiek oor jou blog en sien jou rang op 24.com en in die hele SA. Kliek hier om te aktiveer.

Skryf in vir die blog

Skryf in vir e-pos kennisgewings vanaf die blog

Skryf in vir RSS vanaf die blog

Nooi uit

Jy het 0 intekenaar(s)

Kentekens

(1)

Ondersteuners

DU

(0)

Blog-rol

Onlangs Opgedateer

Konstante I... nicolaasmith Jamesen James-Brent Groensake Groensake
Melomaan Johan Newellogika... petrusp ertjiesbosman ertjiesbosma

Argief

janfebmaraprmayjun
julaugsepoctnovdec
janfebmaraprmayjun
julaugsepoctnovdec