konsentrerende sonkrag

Dond 29 Jul 2010, 18:28        0  Kommentaar     Stuur Artikel
Rapporteer Misbruik

Ek het onlangs ‘n interessante gesprek gehad met Patrick Haillot, ‘n Fransman wat saam met ‘n Portugese vennoot in SA wil kom belê in groenkrag.

Hy is ‘n ondersteuner van konsentrerende fotovoltaïese sonkrag (CPV), waar jy lense en prismas en blink oppervlakke gebruik om direkte sonlig nog 500 keer te verskerp en op ‘n klein maar hoogs doeltreffende PV-sel te fokus. Haillot sê as jy die somme maak, maak dit meer sin om CPV te gebruik as gewone PV. Dis nou vir grootskaalse sonkragaanlegte, want vir CPV om regtig effektief te wees, word panele op ‘n as-stelsel gemonteer wat die sonlig deur die dag volg sodat die sonstrale altyd so direk as moontlik op die panele skyn.

Vir grootskaalse sonkrag word in Amerika en Spanje veral na termiese sonkrag gekyk, waar die son se hitte gekonsentreer word om water of olie te verhit, wat soos normaal ‘n turbine aandryf om krag op te wek. As ‘n soort battery word gesmelte sout gebruik in reuse-tenks. Terwyl die son skyn word die sout opgewarm. Wanneer dit donker word, stel die warm sout die hitte weer vry om die turbines vir nog langer te laat krag opwek.

Maar Haillot meen CSP is nie 100% hernieubare energie nie omdat die hele kontrepsie soggens met fossielbrandstof aan die gang gekry moet word, en dit verg baie meer water as PV-sonkrag vir verkoeling en skoonmaakwerk.

Haillot glo meer kan gedoen word om hidroelektrisiteit te benut. Toe dit onlangs oor die Iberiese skiereiland (Spanje en Portugal) swaar gereën het, kon hidroëlektriese kragstasies langer as gewoonlik loop, en die ekstra goedkoop krag het die prys van elektrisiteit in sommige gevalle 10 keer goedkoper gedwing.

Hidroëlektrisiteitskemas kan dien as bergplekke vir elektrisiteit. Sodra daar ‘n kragtekort elders is, kan die krane oopgedraai word en kan turbines dadelik begin krag opwek.

Kernkragstasies en steenkoolkragstasies vat ‘n hele paar uur tot ‘n dag om regtig op te warm om te begin krag opwek as hulle eers afgeskakel was vir onderhoud of tegniese probleme.

Tog is Haillot nie gekant teen kernkrag nie, en meen dis die enigste skoon bron van basislading-krag. Hy is dus bietjie skepties oor die SA Windenergievereniging se veldtog om te vra dat SA moet mik na ‘n teiken om teen 2020 25% van ons krag van hernieubare bronne te kry. Windkrag kan net opgewek word as die wind waai. Die son skyn net in die dag. Maar mense en nywerhede gebruik dag en nag elektrisiteit. CPV is volgens hom baie geskik om by te dra tot “mid merit” en spitstyd-kraglewering, want die tegnologie stel jou in staat om die son se strale reeds vandat die son opkom soggens vir kragopwekking te benut totdat die son sak – dit stem rofweg ooreen met die kragverbruik tydens kantoorure.

Dis makliker vir ‘n kleiner land om so ‘n groot deel van sy krag van groen bronne te kry. Portugal het 10 miljoen inwoners en het 5 500 MW se windkrag en sowat 1 000 MW se sonkrag, Portugal kry 35% van sy krag van hidroëlektrisiteit en mik om ten minste 50% van sy totale kragverbruik uit hernieubare bronne soos son- , wind- en golfkrag te kry.

Onderwerpe:  sonkrag  

Pos 
| Vorige Pos

Herlaai Kommentaar
Lewer kommentaar
Kliek hier om in te teken en kommentaar te lewer.
[Sluit venster]

Pos 'n antwoord

Gereedskap

Help!

Gebruikersprofiel

Groensake

Geslag: Male Send Message Stuur Boodskap
Stad: Cape Town Add to Friends Voeg vriend by
Nasionaliteit: South Africa Block Blok gebruiker

Statistiek

Afrigator Rang

Bladlese: 257337
Kommentaar: 81
Beoordeling:
Kry statistiek oor jou blog en sien jou rang op 24.com en in die hele SA. Kliek hier om te aktiveer.

Skryf in vir die blog

Skryf in vir e-pos kennisgewings vanaf die blog

Skryf in vir RSS vanaf die blog

Nooi uit

Jy het 9 intekenaar(s)

Kentekens

Onlangs Opgedateer

Konstante I... nicolaasmith Jamesen James-Brent Groensake Groensake
Melomaan Johan Newellogika... petrusp ertjiesbosman ertjiesbosma

Argief

janfebmaraprmayjun
julaugsepoctnovdec
janfebmaraprmayjun
julaugsepoctnovdec